Op 28 en 29 April 2021 het Laer Volkskool Wêreldboekedag behoorlik gevier! Die grondslagfaseklasse het elk ‘n spesiale besoeker ontvang om vir hulle ‘n storie voor te lees. Almal kon hul gunsteling boek saambring en dan ook ‘n kleurvolle boekkarakter uitbeeld. Die intersenfase het ‘n leesperiode geniet. Ons hoop om sodoende die genot van lees…
Lees meerDonderdag, 25 Maart 2021, en Vrydag, 26 Maart 2021, is daar vir nog ‘n uur na skool kop gekrap om Wiskunde probleme op te los, toe tien graad 7 leerlinge aan die eerste rondte van die Horizon Wiskunde Kompetisie deelgeneem het. 7.1 Mikha Enslin, Wentzel van der Merwe, Lara Vosloo 7.2 Alice du Toit…
Lees meerDie eerste Volkskool Graaff-Reinet 𝗔𝗔𝗡𝗟𝗬𝗡 𝗝𝗔𝗚𝗩𝗘𝗜𝗟𝗜𝗡𝗚 in samewerking met die Volkskool Oudskoliere en Volkskool se ondersteuningsgroep as gesamentlike fondsinsamelingsprojek vir Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool. Registreer vandag by www.insamel.co.za en hou die Volkskool Graaff-Reinet Jagveiling 2021 blad dop vir meer inligting oor die 𝟮𝟭 𝗨𝗜𝗧𝗦𝗢𝗡𝗗𝗘𝗥𝗟𝗜𝗞𝗘 𝗣𝗔𝗞𝗞𝗘𝗧𝗧𝗘 wat opgeveil word.
Lees meerTwee van Laer Volkskool se dogters, Zenicke van Schalkwyk en Carlien Oosthuizen, het die afgelope naweek aan die SSA vlak-2 kampioenskappe deelgeneem en baie goed gevaar. Carlien Oosthuizen het 3 silwer medaljes verower. Zenicke van Schalkwyk het ‘n brons medalje verower. Dit is ‘n groot prestasie! Baie geluk. Ons is baie trots op julle! …
Lees meerOp 23 Maart en 24 Maart het Laer Volkskool 4 mini atletiekbyeenkomste gehou. As gevolg van die Covid protokolle kon geen toeskouers dit bywoon nie. Ten spyte van talle aanpassings en dat die byeenkomste nie in dieselfde formaat as waaraan ons gewoond was kon plaasvind nie, is ons tog dankbaar dat ons vir die atlete…
Lees meerTwee van Laer Volkskool se leerders, Lozaan Kayi (Graad 4) en Chelsea Hendricks (Graad 5) het op 23 Maart 2021 aan ‘n biblioteekweek leeskompetisie deelgeneem wat by Kroonvale plaasgevind het. Chelsea Hendricks het n eerste plek vir Afrikaans en 2de plek vir Engels behaal. Baie geluk Chelsea. Trots op jou!
Lees meerZenicke van Schalkwyk, ‘n leerder van Laer Volkskool, het op 6 en 7 Maart 2021 aan ‘n gala deelgeneem in Oudtshoorn. Haar uitslae was as volg: Goud – 100m Rugslag Goud- 50m Rugslag Silwer – 200m Wisselslag Brons – 100m Vryslag Baie mooi gedoen Zenicke. Jy maak ons almal by Laer Volkskool trots.
Lees meerPrefek dogters Bo: Alice du Toit (hoofdogter), Lara Vosloo (onderhoofdogter), Marlie Nel, Ilse Vorster Onder: Mienke Janse van Rensburg, Anje Deysel, Alet van Wyk, Mikha Enslin
Lees meer