Sakresies, eier-gooi en waatlemoen! Dit is ‘n resep vir ‘n heerlike Landsdiensmiddag.

Op 31 Januarie het die Karoo-Volksies op die rugbyveld bymekaar gekom om Landsdiens af te skop. Die leerders was in vier groepe verdeel waar hulle aan verskeie boeresportspeletjies deelgeneem het. Hulle het mekaar aangemoedig by die “chieng-chong-cha” en lekker gelag toe die vier hongerste lede hul gesigte in water en meel moes druk.

Ons sien uit vir die res van die jaar!

Verwante berigte