Laer Volkskool se laaste projek vir 2022 was β€˜n Pantoffeldag op 24 November 2022. Leerders kon pantoffels aantrek of gekleurde sokkies dra by hulle skooldrag. Hulle is gevra om β€˜n produk saam te bring vir ons laaste liefdadigheidsprojek vir 2022.

Die tafels kreun behoorlik onder die gewig van die nie-bederfbare produkte wat die leerders en ouers geskenk het! Hierdie produkte sal in Kersfeespakkies opgemaak word vir behoeftige gesinne van Laer Volkskool. Ons wil u bedank dat die projekte so goed ondersteun word, dit is β€˜n riem onder die hart!

Verwante berigte

π‘¬π’“π’‡π’†π’π’Šπ’”π’…π’‚π’ˆ π’—π’Šπ’†π’“ 𝒐𝒏𝒔 π’”π’‚π’‚π’Ž

β€œπ·π‘–π‘’ π‘šπ‘’π‘’π‘‘π‘ π‘›π‘œπ‘’π‘Ÿπ‘’ β„Žπ‘’π‘‘ π‘£π‘–π‘Ÿ π‘šπ‘¦ 𝑖𝑛 π‘™π‘–π‘’π‘“π‘™π‘–π‘˜π‘’ π‘π‘™π‘’π‘˜π‘˜π‘’ π‘”π‘’π‘£π‘Žπ‘™, π‘—π‘Ž, π‘šπ‘¦ π‘’π‘Ÿπ‘“π‘’π‘›π‘–π‘ ...
Lees meer