Vroue-aand met Yolande Brittnell-Steyn
Op Vrydag, 4 Oktober, het Laer Volkskool se OOV-vroue ‘n heerlike Vroue-aand aangebied in die skoolsaal.
Met aankoms is die vroue bederf met ‘n glasie vonkelwyn van Swartland Winery en ‘n hand- of voetmassering deur Africology Skincare & Spa se terapeute.
Ampie Jordaan van PSG het opgetree as seremoniemeester.
‘n Meksikaanse feesmaal is voorgesit deur Quintinn van Rensburg van Hoofmaal. Hierna het die gaste aan Yolande Brittnell-Steyn se lippe gehang. Yolande se praatjie was propvol lewenswaarhede en inspirasie vir elke vrou.
Om die aand verder in te kleur, kon vroue ‘n krapkaartjies koop om ‘n kans te staan om fantastiese pryse te wen!
Die aand is afgesluit met Maria’s Superior Coffee en ‘brownies’ en ‘n hele paar gelukkige wenners!
Baie dankie aan elke ouer en borg wat bygedra het tot die aand se sukses.
‘n Spesiale woord van dank ook aan ons hoof borge, PSG Financial Services en OVK , asook almal wat pryse geskenk het.