24 van die graad 1 tot graad 4 skaakleerlinge het op Woensdag, 16 Oktober 2024, ‘n vriendskaplike wedstryd teen Union gespeel.
Vir talle spelers was dit hulle eerste wedstryd en was hulle dus baie opgewonde en effe benoud. Beide skole speel pragtige skaak en geniet die middag terdeë.
Die LVS spelers vaar uitstekend. 11 spelers wen 3 uit 3 rondtes en 8 spelers wen 2 uit 3 rondtes.
Daar is ook deur party spelers ekstra vriendskaplike rondtes gespeel.
Dankie aan elke LVS en Union speler vir ‘n onvergeetlike middag.