Baie geluk aan Deidré Alberts wat opgeneem is in die o.13B OP-hokkiespan. Sy neem hierdie vakansie, 25 tot 28 Junie 2023, deel aan ‘n toernooi wat in die Paarl aangebied word. Sterkte, Deidré. Ons weet dit sal goed gaan.
Lees meerDaar was vandag, 26 April 2023, omtrent oorlog by Laer Volkskool. Leerlinge het elkeen ‘n inspuiting gekry wat hulle kon gebruik om mekaar met verf te spuit. Ons het met skoon klere begin, maar binne minute was almal met verskillende kleure versier. Wat is dan nou lekkerder as om mekaar so vuil en kleurvol as…
Lees meerKobus en Hardus Lotter het die afgelope naweek aan ‘n uithourit te Willowmore deelgeneem. Beide leerders het die 40 km suksesvol voltooi met ‘n tyd van 3:16 op Strider en Roddick. Baie geluk, Kobus en Hardus. Trots op julle!
Lees meerDrie van Laer Volkskool se atlete het gedurende die vakansie, die Oostelike Provinsie verteenwoordig en aan die SA Tweekamp Kampioenskap te Stellenbosch deelgeneem. Afstande vir die verskillende ouderdomsgroepe is as volg: o.9: 400 meter hardloop en 50 meter swem o.11 en o.13: 800 meter hardloop en 50 meter swem Laer Volkskool se atlete het baie…
Lees meerAgtien leerders het Saterdag, 01 April 2023, die Sneeuberg Crawl in die Murraysburgdistrik aangepak. Daar was 138 ryers wat in verskillende afdelings meegeding het. In die 50 km het Frederik de Klerk (o.10) ‘n tweede plek in die o.15-afdeling behaal. In die o.12-afdeling het Pedri van der Merwe ‘n eerste plek, Naude van der Merwe…
Lees meerSaterdag, 18 Maart 2023, het die o.13 A hokkie- en rugbyspan aan n toernooi by Laerskool Lorraine deelgeneem. Baie geluk aan albei hierdie spanne. 📷 Dankie aan Gideon van der Mescht vir die mooi foto’s. Die uitslae is soos volg: Hokkie o. 13A Wen Westering 2 – 0 Wen Priory 3 – 0 Wen…
Lees meerSuid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskap 2023 Drie van Laer Volkskool se atlete kwalifiseer hierdie jaar om deel te neem aan die SA – Tweekamp Kampioenskap. Hulle verteenwoordig die Oostelike Provinsie tydens hierdie byeenkoms. Dit kampioenskap vind Saterdag, 1 April 2023 plaas, te Stellenbosch. Baie geluk aan Elmare Naudé (o.9), JJ van Schalkwyk (o.9) en Ancois Viljoen (o.13).…
Lees meer