Hardus Lötter het die afgelope naweek aan ń round robin toernooi in Bloemfontein by Grey College deelgeneem. Die toernooi het Vrydag begin en Sondag geëindig. Hy eindig eerste in die o.10 enkels en 2de in dubbels. Sy dubbelsmaat was Van ginkel Jordaan van Cradock. Baie geluk met hierdie pragtige prestasie, Hardus.
Lees meerDie afgelope naweek het die Highgate interprovinsiale byeenkoms plaasgevind te Oudtshoorn. Die atlete het die Oostelike Provinsie verteenwoordig. Elmaré Naudé het uitstekend gevaar en ‘n algehele eerste plek behaal by dogters o.11. Beulah Nel was 25ste en Milla Mac Leod het 37ste gekom by dogters o.11. Ross Mac Leod het ‘n 33ste plek behaal by…
Lees meerTydens ons Kleure Atletiekbyeenkoms verlede week is daar ‘n nuwe rekord deur Gideon Viljoen gebreek. Hy het in die 1200m die ou rekord van 04:18,15 met 04:01,77 gebreek. Baie geluk ook aan Minke Marincowitz en Gideon Viljoen wat as victrix en victor ludorum aangewys is. Geluk aan die rooi Reinetspan wat hierdie jaar die Kleure…
Lees meerRaptors martial Arts club het Saterdag, 25 Januarie, ‘n grondwerk gradering gehad. Dit sluit in jiu-jitsu en grappling. Die volgende leerders het na ‘n wit sleeve gradeer. Hierdie sleeve kom vas op hulle Martial Arts belt om te wys op watter vlak van grondwerk jy is. Lize van Zyl Handré Roman Dawie van der Merwe…
Lees meerOp Maandag, 27 Januarie 2025, het al ons swemmers aan die jaarlikse Kleurgala deelgeneem. Baie geluk aan die Reinetspan wat 2025 se Kleurgala gewen het. Die tellings is as volg: Rupert: 512 Reinet: 523 Elmare Naudé en JJ van Schalkwyk het uitstekend geswem en ‘n paar rekords gebreek. Elmaré Naudé breek 2 rekords in die…
Lees meerGedurende verlede week is die spanne aangekondig wat die Oostelike Provinsie gaan verteenwoordig by ‘n interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn. JJ van Schalkwyk – OP A-span Elmare Naude – OP A-span Beulah Nel – OP ontwikkelingspan Milla Mac Leod – OP ontwikkelingspan Minke Marincowitz – OP B-span Naude van der Merwe – OP B-span Ross Mac…
Lees meerVyf tweekampers het op 19 Januarie 2025 aan ‘n tweekampliga deelgeneem te Port-Elizabeth. Die uitslae was as volg: JJ van Schalkwyk – Algeheel 2de Beulah Nel – Algeheel 11de Milla Mac Leod – Algeheel 13de Minke Marincowitz – Algeheel 5de Ross Mac Leod – Algeheel 10de Baie geluk aan hierdie atlete.
Lees meer