Aan die begin van 2025 wil ons graag ons nuwe personeel hartlik verwelkom. Ilne Theron (Graad 2) Izanke de Wet (Graad 1) Ilze Janse van Rensburg (Graad 4) Reinhardt Vermeulen (Graad 5) Ons glo dat julle baie gelukkig by ons gaan wees!
Lees meerBaie welkom aan mev. Tess Erlank, ons nuwe debiteure klerk, wat hierdie week by ons aangesluit het. Ons sien uit daarna om saam met u te werk en vertrou dat u ‘n wonderlike bydrae tot die skoolgemeenskap sal lewer.
Lees meerJJ van Schalkwyk het vanaf 13 tot 15 Desember 2024 aan die NMBA-swemkampioenskappe te Port-Elizabeth deelgeneem. Hy het ‘n silwer en 4 brons medaljes gewen en is opgeneem in die NMBA-span wat teen ander distrikte te staan kom. Op 11 Januarie 2025 het die NMBA-span in George deelgeneem aan n Interdistrikte gala. Hier het JJ…
Lees meerVerlede week is 47 Wildehonde Fietsryers met sertifikate vereer wat toegeken was vir die volgende: – deelname aan weeklikse oefeninge en die Wildehonde Fietskliniek – deelname aan plaaslike en buurdorpe se wedrenne – deelname aan die Oos-Kaap Bergfiets Skoleliga. Sewentien skole – hoër- en laerskole – het vanjaar aan die Oos-Kaap Skole Bergfietsliga deelgeneem. Vyf…
Lees meerHuis Eybers eindig die jaar op ń hoë noot met ń gesellige saamkuier by Frontiers. Spesiale dank aan Jakkalsvlei vir die aanbieding van die wynproe en aan Frontiers Karoo Restaurant vir die feesmaal wat pragtig voorgesit is. Aan elke ouer en ondersteuner van Huis Eybers wat die besonderse aand bygewoon het, baie dankie!
Lees meerGideon Viljoen en Leila Ehlers het 1 en 2 November 2024 aan die Philippolis OVS Saalperd Streekskou deelgeneem. Hulle het die volgende prestasies behaal: Leila Ehlers 3de in die 3gang kinderruiter 14 jaar en onder Gideon Viljoen 1ste in die stap/draf Kinderryperd ruiters 10 jaar en onder 1ste in die stap/draf Kinderruiter 10 jaar en…
Lees meerLaer Volkskool het op 25 en 26 Oktober 2024 aan die 12de Jocelyn Marais Toernooi deelgeneem. Dante Dercksen, Ancois Viljoen, Nelé Wolfaardt en Uné Groenewald was in die dogterspan en Izak Naudé, André Wolfaardt, Stephen Marais en Rubert Marincowitz in die seunspan. Die uitslae is as volg: Dogters: wen teen DSG 13-3 verloor teen Stellenbosch…
Lees meer