Die jaarlikse Jocelyn Marais Tennistoernooi het op 28 en 29 Oktober 2022 plaasgevind.
DOGTERS:
Die volgende dogters het deelgeneem:
Carlien Oosthuizen, Alecia Louw, Mynette Viljoen en Danté Dercksen.
In die eerste rondte het hulle teen Stellenbosch C gespeel en 9-7 gewen. Rondte twee het hulle teen die wenners van die toernooi, DSG gespeel. Volkskool se dogters het tennis van hoë gehalte gespeel, maar DSG was net te sterk en hulle verloor 12-4. In die derde rondte het hulle teen Worcester gespeel en ook 12-4 verloor. Hulle speel daarna uit vir die 5de en 6de plek en verloor teen UHS 11-5 en eindig 6de in die toernooi.
Dankie dogters vir julle positiewe gesindheid en dat julle nooit opgehou het om julle beste te gee nie. Die tellings weerspieël definitief nie julle spel nie.
SEUNS:
Die volgende seuns het deelgeneem:
Francois Naudé, Pieter Nel, Louis de Wet en Jan-Louw du Plessis.
In die eerste rondte het hulle teen Karel Theron 16-0 gewen en in die tweede rondte het hulle vir Cradock 15-1 gewen. In die derde rondte teen Stellenbosch B gespeel en almal het geweet dat daar harde werk voorlê, want die wedstryd het bepaal wie gaan bo in die groep eindig en deurgaan na die finaal. Francois en Pieter het harde wedstryde gehad, maar hulle enkels in twee stelle gewen. Louis en Jan-Louw het albei hulle eerste stel in die enkels verloor, maar in die hitte nog steeds hulle staal getoon en teruggekom om die derde stel in ‘n tien punt “tie-break” te wen. Hulle wen 14-2 en gaan deur na die finaal. In die finaal speel ons teen Stirling wat die jaar die Oos-Kaap se wenners van die Rising Stars toernooi was.
Die seuns doen hulle bes, maar Stirling is net te sterk en hulle verloor 16-0. Francois het puik teen Stirling se nommer een gespeel en Francois en Pieter doen uitstekend deur net-net (8-6) hulle dubbels te verloor. Ons eindig dus 2de in die toernooi. Dankie aan hierdie seuns vir die goeie gesindheid waarmee julle elke wedstryd aangepak het.
Laer Volkskool is ontsettend trots op ons tennis dogters en seuns.
Foto’s meisies
Mynette Viljoen, Dante Dercksen, Carlien Oosthuizen, Alecia Louw
Foto’s seuns (eerste foto)
Jan-Louw du Plessis, Francois Naude, mev. Erika Oosthuizen (afrigter), Louis de Wet, Pieter Nel