Landsdiens

Die volgende landsdienslede gaan in die Junie skoolvakansie, vanaf 26 tot 30 Junie 2023, die Oos-Kaap tydens die Provinsiale kamp in Jeffreysbaai verteenwoordig: Lillah Viljoen Chenoa Jeffrey Marli Fourie Monique Nell Reanco Deysel Luandre Rademan Johan Viljoen Stephan Marais Armand Nell Baie geluk en sterkte met die kamp. Hou ons naam hoog!

Lees meer

Rugby

Baie geluk aan AW Lambrechts wat opgeneem is in die OP o.13B Craven week span. Die span neem vanaf 25 tot 30 Junie 2023 deel aan ‘n toernooi in Pietermaritzburg. Sterkte, AW. Ons hou duimvas. Weet dit sal goed gaan met jou en die span.

Lees meer

Tennis

Dante Dercksen het die afgelope naweek van 26 tot 27 Mei 2023 aan die Eden Mini toernooi in George deelgeneem. Haar uitslae is soos volg: 2de in die enkels 3de in die dubbels Baie geluk, Dante. Jy maak ons trots!

Lees meer

Hokkie

Baie geluk aan Deidré Alberts wat opgeneem is in die o.13B OP-hokkiespan. Sy neem hierdie vakansie, 25 tot 28 Junie 2023, deel aan ‘n toernooi wat in die Paarl aangebied word. Sterkte, Deidré. Ons weet dit sal goed gaan.

Lees meer

Hokkie

Die o.9B en o.13B hokkiedogters het gister, 10 Mei 2023, wedstryd teen Graaff-Reinet Primêr gespeel. Dit was lekker om te sien hoe baie die dogters hulle hokkie geniet. Die tellings is soos volg: o.9B wen 3 – 0 o.13B wen 4 -1   #hokkie #pret #laervolkskool

Lees meer

Kleuroorlog

Daar was vandag, 26 April 2023, omtrent oorlog by Laer Volkskool. Leerlinge het elkeen ‘n inspuiting gekry wat hulle kon gebruik om mekaar met verf te spuit. Ons het met skoon klere begin, maar binne minute was almal met verskillende kleure versier. Wat is dan nou lekkerder as om mekaar so vuil en kleurvol as…

Lees meer