Landsdiens

Na afloop van die Provinsiale Kamp wat gedurende die Junie-vakansie in Jeffreysbaai plaasgevind het, is Reanco Terblanche deur die Provinsiale bestuur verkies as nasionale leier van die laerskool seuns. Dit is werklik ‘n pragtige prestasie. Die Nasionale Kamp vind van 8 tot 15 Desember 2023 in Mpumalanaga plaas. Ons is baie trots op jou!

Lees meer

Swellies Kriekettoernooi

Die afgelope naweek van 14 tot 16 September 2023 was Laer Volkskool Graaff-Reinet se o.13 krieketseuns bevoorreg gewees om aan Laerskool Swellendam se Kriekettoernooi in Swellendam deel te neem. Laer Volkskool het met twee spanne gaan toer en het goed gevaar. Laer Volkskool 1 en 2 het in die trofee-poel gespeel en albei spanne het…

Lees meer

Tennis

Izak Naude het op 9 en 10 September 2023 aan die Nelson Mandela Bay Rainbow Kids & Mini 5 kompetisie deelgeneem. Hy het baie goed gevaar en ‘n eerste plek in die o.12 Gold-afdeling verower. Baie geluk, Izak. Trots op jou!

Lees meer

Tweekamp

Elmaré Naudé het op 9 September 2023 aan ‘n tweekamp liga-byeenkoms deelgeneem te Port Elizabeth. Sy het ‘n algehele eerste plek in haar ouderdomsgroep vir dogters o.11 behaal. Baie geluk, Elmaré! Dis ‘n pragtige prestasie.

Lees meer

Landsdiens

Laer Volkskool se landsdieners het gedurende die Julie-vakansie ‘n Streekskamp in Jeffreysbaai bygewoon waar ses van ons leerlinge uit meer as ‘n honderd landsdieners gekies is om die Oos-Kaap vanaf 8 tot 15 Desember 2023 by die Nasionale Kamp in Mpumalanga te verteenwoordig. Hierdie ses leerlinge het ook hulle erekleure ontvang. Baie geluk! Julle maak…

Lees meer

Perdry

Gideon Viljoen het die afgelope naweek van 1 en 2 September 2023 aan Upington se jaarlikse streekskou deelgeneem. Hy het pragtige presteer en behaal 4 eerste plekke in die volgende afdelings: Stap/draf kinderryperd 8 jaar en onder Stap/draf 10 jaar en onder – Natuurlike maanhare en stert Stap/draf ruiter 8 jaar en onder – Ruiterkuns…

Lees meer

WOW – Spelfees

Op 24 Augustus het 21 leerlinge van Laer Volkskool aan die SANLAM WOW-Spelfees Distrik Kompetisie deelgeneem wat by Graaff-Reinet Primêr plaasgevind het.  Dit was heerlik om weer aan hierdie kompetisie te kon deelneem na Covid. Tien van Laer Volkskool se leerlinge het Saterdag, 02 September 2023, aan WOW-Spelfees se Provinsiale Kompetisie in Gqeberha deelgeneem. Baie…

Lees meer

Dans

Vier Laer Volkskool leerlinge van Chinelle School of Dance, het die afgelope week vanaf 21 tot 26 Augustus 2023 aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Hierdie jaar was dit die 42ste weergawe van die Nelson Mandela Bay Dance Festival en vir die afgelope 30 jaar was Chinelle School of Dance bevoorreg gewees om…

Lees meer