Die graad 7-klas het Kaapstad van 17 tot 22 September besoek. Eerste op die program was Tafelberg, waar dit ysig bo-op die berg was – ’n ervaring wat ons nooit sal vergeet nie.
Daarna het ons die Grootte Schuur, Rush, die Planetarium, die Kasteel, Akwarium, Scratch Patch, Cool Runnings en die Waterfront verken.
Iets interessant wat ons by die K-way fabriek geleer het, is dat wanneer ons K-way baadjies was, ons drie tennisballe in die wasmasjien moet sit sodat die baadjie sy vorm hou. Saterdag het ons die toer afgesluit met ’n besoek aan die Clay Cafe in Houtbaai, waar almal hul kunstenaarskant ontdek het.
‘n Groot dankie aan mnr. Ruben van Zyl en oom Johan Nieuwoudt wat ons busse bestuur het en ons veilig by ons bestemmings gebring het.
Dankie ook aan mev. Linda van Wyk vir al die reëlings om hierdie toer moontlik te maak.