Swem

Twee van Laer Volkskool se dogters, Zenicke van Schalkwyk en Carlien Oosthuizen, het die afgelope naweek aan die SSA vlak-2 kampioenskappe deelgeneem en baie goed gevaar. Carlien Oosthuizen het 3 silwer medaljes verower. Zenicke van Schalkwyk het ‘n brons medalje verower. Dit is ‘n groot prestasie! Baie geluk. Ons is baie trots op julle!  …

Lees meer

Atletiek

Op 23 Maart en 24 Maart het Laer Volkskool 4 mini atletiekbyeenkomste gehou. As gevolg van die Covid protokolle kon  geen toeskouers dit bywoon nie. Ten spyte van talle aanpassings en dat die  byeenkomste nie in  dieselfde formaat as waaraan ons gewoond was kon plaasvind nie, is ons tog dankbaar dat ons vir die atlete…

Lees meer

Biblioteekweek

Twee van Laer Volkskool se leerders, Lozaan Kayi (Graad 4) en Chelsea Hendricks (Graad 5) het op 23 Maart 2021 aan ‘n biblioteekweek leeskompetisie deelgeneem wat by Kroonvale plaasgevind het. Chelsea Hendricks het n eerste plek vir Afrikaans en 2de plek vir Engels behaal. Baie geluk Chelsea. Trots op jou!  

Lees meer

Swem

Zenicke van Schalkwyk, ‘n leerder van Laer Volkskool, het op 6 en 7 Maart 2021 aan ‘n gala deelgeneem in Oudtshoorn. Haar uitslae was as volg: Goud – 100m Rugslag Goud- 50m Rugslag Silwer – 200m Wisselslag Brons – 100m Vryslag Baie mooi gedoen Zenicke.  Jy maak ons almal by Laer Volkskool trots.

Lees meer

Laer Volkskool Prefekte 2021

Hier is Laer Volkskool se prefekte vir 2021.  Baie geluk aan elke prefek. Ons wens hulle baie sterkte toe met al hulle take vir 2021. Prefekte seuns Bo:  Louwen Wolfaardt (hoofseun), Kian Keyser (onderhoofseun), Hannes van der Merwe, Janru Groenewald Onder: Wentzel van der Merwe, Ruan van der Merwe, Ruben van der Ahee, Johan Jansen…

Lees meer

Graad 1’s skop hulle skoolloopbaan af by Laer Volkskool.

Met groot opgewondenheid is Graad 1’s Maandag en Dinsdag verwelkom by die skool.  Hulle het spoggerig gelyk met hulle nuwe skoolklere aan.  Met masker en saniteerder byderhand, is almal gereed vir die nuwe avonture van 2021. Baie welkom aan elke Graad 1 leerder by Laer Volkskool.  Ons weet julle gaan dit baie geniet hier by…

Lees meer

Volkskool vier hul eeufees in 2022!

Hier is ons amptelike Eeufees-logo vir 2022! Hoër en Laer Volkskool is al reeds besig met die reëlings vir hierdie spesiale jaar. In 2021 gaan daar hard gewerk word aan die Eeufees gedenkboek wat in 2022 gepubliseer word. Onthou asseblief dat elke jaar se matriekklas vir ons foto’s, inligting en staaltjies moet instuur. Alle bydraes…

Lees meer