Die eerste Volkskool Graaff-Reinet 𝗔𝗔𝗡𝗟𝗬𝗡 𝗝𝗔𝗚𝗩𝗘𝗜𝗟𝗜𝗡𝗚 in samewerking met die Volkskool Oudskoliere en Volkskool se ondersteuningsgroep as gesamentlike fondsinsamelingsprojek vir Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool.
Registreer vandag by www.insamel.co.za en hou die Volkskool Graaff-Reinet Jagveiling 2021
blad dop vir meer inligting oor die 𝟮𝟭 𝗨𝗜𝗧𝗦𝗢𝗡𝗗𝗘𝗥𝗟𝗜𝗞𝗘 𝗣𝗔𝗞𝗞𝗘𝗧𝗧𝗘 wat opgeveil word.

Twee van Laer Volkskool se dogters, Zenicke van Schalkwyk en Carlien Oosthuizen, het die afgelope naweek aan die SSA vlak-2 kampioenskappe deelgeneem en baie goed gevaar.

Carlien Oosthuizen het 3 silwer medaljes verower.

Zenicke van Schalkwyk het ‘n brons medalje verower.

Dit is ‘n groot prestasie! Baie geluk. Ons is baie trots op julle!

 

Foto van links

Zenicke van Schalkwyk, Carlien Oosthuizen

Op 23 Maart en 24 Maart het Laer Volkskool 4 mini atletiekbyeenkomste gehou. As gevolg van die Covid protokolle kon  geen toeskouers dit bywoon nie. Ten spyte van talle aanpassings en dat die  byeenkomste nie in  dieselfde formaat as waaraan ons gewoond was kon plaasvind nie, is ons tog dankbaar dat ons vir die atlete hierdie geleenthede kon bied.

Die atlete het gewedywer vir die gesogte eerste drie plekke van die dag.  ‘n Groot groep atlete het getrou geoefen en pragtige resultate behaal.

 

Twee van Laer Volkskool se leerders, Lozaan Kayi (Graad 4) en Chelsea Hendricks (Graad 5) het op 23 Maart 2021 aan ‘n biblioteekweek leeskompetisie deelgeneem wat by Kroonvale plaasgevind het.

Chelsea Hendricks het n eerste plek vir Afrikaans en 2de plek vir Engels behaal. Baie geluk Chelsea. Trots op jou!

 

Zenicke van Schalkwyk, ‘n leerder van Laer Volkskool, het op 6 en 7 Maart 2021 aan ‘n gala deelgeneem in Oudtshoorn. Haar uitslae was as volg:
Goud – 100m Rugslag
Goud- 50m Rugslag
Silwer – 200m Wisselslag
Brons – 100m Vryslag

Baie mooi gedoen Zenicke.  Jy maak ons almal by Laer Volkskool trots.

Prefek dogters

Bo:  Alice du Toit (hoofdogter), Lara Vosloo (onderhoofdogter), Marlie Nel, Ilse Vorster

Onder: Mienke Janse van Rensburg, Anje Deysel, Alet van Wyk, Mikha Enslin

Hier is Laer Volkskool se prefekte vir 2021.  Baie geluk aan elke prefek. Ons wens hulle baie sterkte toe met al hulle take vir 2021.

Prefekte seuns

Bo:  Louwen Wolfaardt (hoofseun), Kian Keyser (onderhoofseun), Hannes van der Merwe, Janru Groenewald

Onder: Wentzel van der Merwe, Ruan van der Merwe, Ruben van der Ahee, Johan Jansen

 

Met groot opgewondenheid is Graad 1’s Maandag en Dinsdag verwelkom by die skool.  Hulle het spoggerig gelyk met hulle nuwe skoolklere aan.  Met masker en saniteerder byderhand, is almal gereed vir die nuwe avonture van 2021.

Baie welkom aan elke Graad 1 leerder by Laer Volkskool.  Ons weet julle gaan dit baie geniet hier by ons.