Sport teen Laerskool Jeffreysbaai

Wat ‘n voorreg was dit om Laerskool Jeffreysbaai die naweek op ons tuisveld te verwelkom! Baie dankie aan julle vir die entoesiastiese deelname en kwaliteit sport – dit was regtig ‘n fees om te aanskou. Ons sportgronde was vol geesdriftige ondersteuners, spelers en goeie sportmangees. Dankie dat julle die lang pad Karoo toe aangedurf het!…

Lees meer

Sport teen Aliwal-Noord

Laerskool Aliwal-Noord het die afgelope naweek kragte gemeet ons Volksies in Graaff-Reinet – en dit was die Karoo op sy beste! Die oggend het begin met ‘n vars briesie, maar teen die middag het almal hul wedstryde onder die warm son voltooi. Ons leerders het hul harte uitgespeel en gewys waartoe hulle in staat is.…

Lees meer

Boogskiet

Helen Grobbelaar het Saterdag, 17 Mei 2025, aan ‘n boogskiet kompetisie by Corkwood mall in Uitenhage deelgeneem. Sy het baie goed gevaar deur ‘n goue medalje te verower. Sy is ook aangewys as die Beste Laerskool skut by die kompetisie. Welgedaan, Helen. Jy maak ons trots!

Lees meer

Redenaars

Op 26 April 2025 het Pieter-Hein Delport (gr 7) en Ross Mac Leod (gr 6) aan die ATKV-Redenaars kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het by Nico Malan in Humansdorp plaasgevind. Ons is trots op hierdie brawe jong seuns wat die moed gehad het om hulle toespraak voor beoordelaars te lewer.

Lees meer

Tennis

Tennisspelers van die senior spanne het Vrydag, 16 Mei 2025, aan ‘n OUER/KIND tennisdag deelgeneem. Almal het dit baie geniet en saamgestem dat hulle dit definitief weer sal wil doen.

Lees meer

Skaak

Op Saterdag 10 Mei 2025 het 7 leerlinge Laer Volkskool by die geslote SBSU-toernooi in Graaff-Reinet verteenwoordig. Die volgende leerlinge het op uitnodiging deelgeneem: Margite van der Merwe Zandrich Cornelius Zandri Hauptfleisch Burger Slabbert Milla Mac Leod Jurian Retief Marizé Retief Jurian behaal ‘n 3de plek vir seuns o.12 en Marizé behaal ‘n 2de plek…

Lees meer

MMA – Raptors

Die studente van Raptors Martials Arts Club het 10 Mei 2025 aan die Oos-Kaap Provinsie se MASA (Mix Martial Arts South Africa) Kampioenskappe deelgeneem. Die volgende studente het medaljes verower: Frederik Steynberg 2 Silwers vir MMA Light en Grappling Marko Claasen 3 Silwers vir Points Fighting, MMA Light en Grappling Darius Els 1 Sliwer vir…

Lees meer

Perdry

Die volgende ruiters het vanaf 21 tot 26 April 2025 aan die SA Saalperd kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Hulle vaar uitstekend in die kompetisie en behaal die volgende prestasies: Gideon Viljoen 6de in die Stap/draf Parkperd Ruiters 10 jaar en onder 5de in die Stap/draf Parkperd Ruiterkuns 10 jaar en onder. Leila Ehlers Reserwe SA…

Lees meer