Boogskiet

Wian Lötter het gedurende die vakansie op 5 – 7 Oktober 2022 die Oostelike Provinsie by die nasionale kompetisie in die Paarl verteenwoordig. Hy het ook sy OP-klere verwerf en ontvang dus erekleure. Welgedaan, Wian. Ons is baie trots op jou! Sy uitslae is soos volg: 2D – 228 3D – 216,4 Bullseye – 213,3…

Lees meer

Tweekamp

JJ van Schalkwyk het op 2 Oktober 2022 aan ‘n liga tweekampbyeenkoms te Port Elizabeth deelgeneem. Hy het ‘n algehele eerste plek vir seuns o.8 behaal. Baie geluk, JJ. Jy maak ons trots! Ancois Viljoen het op 8 Oktober 2022 die Oostelike Provinsie verteenwoordig tydens die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Bloemfontein. Sy het ‘n algehele 10de…

Lees meer

Swem

Zenicke van Schalkwyk het op 7 – 9 Oktober 2022 aan ‘n gala in George deelgeneem. Daar was 670 swemmers wat aan hierdie gala deelgeneem het en Zenicke het baie goed gevaar. Sy het heelwat van haar persoonlike beste tye verbeter. Mooi so, Zenicke.

Lees meer

Rugby

Pieter Nel het vanaf 30 September tot 1 Oktober aan ‘n Nasionale Sewes-rugbytoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Hy was een van 12 seuns wat die OP-span by die toernooi verteenwoordig het. Die OP-span het goed gevaar by die toernooi. Hulle het 3 wedstryde gewen en 3 verloor. Baie mooi, Pieter. Ons is trots op jou!

Lees meer

Skaak

Montego Cares Chess Tournament Ag skaakspelers van Laer Volkskool het op 6 September 2022 deelgeneem aan die Montego Cares Chess Tournament wat in die Botanies se saal gehou is. Skole wat in die Laerskole toernooi meegeding het, is die Union skole, Laer Volkskool, Kroonvale Primêr, Graaff- Reinet Primêr, Ryneveldpark en Narsingstraat. Laer Volkskool se skaakspelers…

Lees meer

Tennis – Rising Stars

Die eerste vier spelers van die eerste seunspan het Vrydag 2 September 2022 na Oos -Londen vertrek om aaan die BNP Paribas Rising Star Tennis se provisiale finaal te gaan deelneem. Ons seuns het 2de in hul afdeling gekom en moes teen Stirling Primary speel. Ongelukkig kon ons nie die wedstryd beklink nie en speel…

Lees meer

Perdry

Marli Fourie en Gideon Viljoen het die naweek aan die Noord-Kaap Streekskou wat in Upington plaasgevind het, deelgeneem. Hulle het die volgende plekke behaal: Marli Fourie Tweede plek in die 5-gang onder 14 jaar Eerste plek in die 5-gang ruiterkuns onder 14 jaar   Gideon Viljoen Tweede plek in die Stap/Draf Kinderryperd 8 jaar en…

Lees meer

Boogskiet

Baie geluk aan Wian Lötter wat gekies is vir die Oos-Kaap Boogskietspan. Hy gaan 5 – 7 Oktober 2022 aan die nasionale kompetisie in die Paarl deelneem. Baie sterkte Wian. Ons hou styf duimvas. 💪

Lees meer