Op Woensdag, 29 Maart 2023, het die prefekte ‘n Tiekie-middag gehou om die kwartaal op ‘n hoogtepunt af te sluit. Leerders kon aan ‘n kussinggeveg deelneem, probeer om ballonne met veërpyltjies raak te gooi en kon raai om ‘n prys by die snoepie te wen. Baie dankie aan al ons leerders wat ons ondersteun het.…
Lees meerJohan Viljoen en Mynette Viljoen het 27 – 28 Maart 2023 die Oos-Kaap Elephantspan in Bloemfontein gaan verteenwoordig. Hulle het teen verskeie provinsies gespeel. Elkeen het ‘n enkels gespeel wat bestaan uit twee stelle en ook ‘n dubbels wat bestaan het uit ‘n “pro set”. Baie geluk aan albei hierdie spelers. Ons is baie trots…
Lees meerOns was vandag weereens bevoorreg gewees om ons jaarlikse Oupa en oumadag by Laer Volkskool te hê. Die dag het begin met ons hoofseun, AW Lambrehts, en hoofdogter, Mynette Viljoen, wat al die oupas en oumas verwelkom het. Daarna het die koor onder leiding van Trudine Vos vir almal twee pragtige liedjies gesing. Die prefekte…
Lees meerOp Maandag, 27 Maart 2023, en Dinsdag, 28 Maart 2023, het daar ‘n netbalkliniek by Laer Volkskool plaasgevind. Die kliniek is deur Lana Krige en drie Provinsiale Netbalspeelsters aangebied. 113 netbaldogters vanaf o. 7 tot o. 13 het daaraan deelgeneem. Daar was ook 13 afrigters van ons buurskole wat deelgeneem het. Baie dankie aan elke…
Lees meerZenicke van Schalkwyk het gekwalifiseer om eerskomende naweek aan die SA vlak-3 swemkampioenskap deel te neem. Sy neem deel in Kaapstad vanaf 1-3 April. Baie geluk en lekker swem, Zenicke!
Lees meer