Op Woensdag, 23 Februarie 2022, het Volkskool hulle jaarlikse personeelfunksie gehou.
Laer Volkskool het hierdie jaar die funksie gereël en dit ‘n feesgeleentheid gemaak ter viering van die Eeufeesjaar.
Die pragtig versierde saal, smaaklike kos, lammers op die spit en ‘n spesiale koek vir die geleentheid het hierdie aand spesiaal gemaak. Mev L van Heerden, voorsitter van die Eeufeeskomitee, het die personeel ingelig oor al hul bedrywighede en Mnr K van Schalkwyk, voorsitter van die Oudskoliere, het al drie skole geprys vir hulle uitstekende werk.
Volgens die personeel van Weppie Preppie, Hoër Volkskool en Laer Volkskool was dit eens dat hierdie aand vir lank onthou sal word.
Foto’s: Matty van Rensburg