AW Lambrecht en Jamie Mdudumanihet op 12 Maart 2022 aan ‘n Level 1 Gala in Port Elizabeth deelgeneem en baie goed gevaar. Jamie het ‘n derde plek in vlinderslag behaal. AW het twee eerste plekke behaal in borslag en rugslag. Baie geluk aan albei hierdie seuns. Trots op julle!
Lees meerFranna Naude en Petrus Wolfaardt het die naweek van 18 – 21 Maart aan ‘n interprovinsiale toernooi gaan deelneem in Bloemfontein. Hulle was deel van die o.13 Oos- Kaap Aloesspan en was onderskeidelik die nr 1 en 2 van die span. Die span het teen 6 ander provinsies gespeel. Beide Petrus en Franna het hul…
Lees meerTydens die afgelope naweek, op 11 en 12 Maart 2022, het vyf van Laer Volkskool se atlete aan die Oos- Kaap Atletiek Kampioenskappe deelgeneem. Alhoewel niemand vir die SA Kampioenskappe gekwalifiseer het nie, is ons steeds trots op die goeie prestasies wat hulle geleer het.👏👏👏 Lee-Jon Blignaut Seuns o.11 Verspring 4de plek Angela Vorster Dogters…
Lees meerWian en Eben Lötter het Saterdag, 12 Maart 2022, aan die AGA-Oos Kaap Boogskiet Kompetisie in Jeffreysbaai deelgeneem. Die kompetisie was aangebied deur Soulpoint GLA. Albei hierdie seuns het uitstekend gevaar. Die uitslae is soos volg: Wian Lötter 3D afdeling – 240 (1ste plek) 🥇 Bullseye – 246 (2de plek)🥈 Eben Lötter 3D afdeling…
Lees meerMarli Fourie het die 4de en 5de Maart 2022 aan die Tarkastad skou deelgeneem en uitstekend gevaar. Sy het die volgene prestasies behaal: 1ste plekke in 3-gang plesierperd o.14 asook die Ruiterkuns klas 1ste in die 5-gang Kinderryperd o.14 en 5g Ruiterkuns o.14 1ste in die 3-gang Ruiterkuns 12 jaar en onder Baie geluk,…
Lees meerOp 7 Maart 2022 het die Karoo Volksies in die Kewertjie bymekaargekom en musiekinstrumente gemaak uit afvalmateriaal. Ons het ‘n plastiekbottel gevul met Samp en ‘n toiletrolletjie daaraan vasgemaak vir die handvatsel. Daarna moes elkeen sy “shaker” versier. Op 8 Maart het die landsdiensbestuur namens die Karoo Volksies die musiekinstrumente aan Graaff-Reinet se kinderhuis geskenk.…
Lees meerOp 25 en 26 Februarie 2022 het Gideon Viljoen aan die Williston skou deelgeneem. Hy behaal n eerste plek in die volgende klasse: o.8 Leiriem klas ruiter 8 jaar en onder o.8 Leiriem klas ruiter 8 jaar en onder Ruiterkuns o.8 Ruiter 8 jaar en onder o.8 Ruiter 8 jaar en onder Ruiterkuns Hy wen…
Lees meer