Netbal

Saterdag, 15 Mei 2021, het Alecia Louw aan die Oos-Kaapproewe in Oos Londen deelgeneem. Tydens die proewe is sy gekies vir die Oos-Kaapspan. Baie geluk, Alecia. Ons is trots op jou.

Lees meer

Volkskool verf klippies

Die kreatiwiteit het gevloei tydens Donderdag, die 13de Mei, se Landsdiens. Met ‘n kwas in die hand en ‘n klip op die skoolbank het die Karoo Volksies hulle talente gewys. Die landsdieners moes elkeen ‘n Bybelversie of opbouende woord op hul mooi versierde klip skryf of verf. So kan ons klippie-vir-klippie mekaar aanmoedig om vas…

Lees meer

Tennis Rising Star Parnibas

Vrydagmiddag, 14 Mei 2021,het Laer Volkskool se eerste seuns en dogterspanne na Grahamstad vertrek om aan die finale streeksproewe van die Rising Star Parnibas toernooi te gaan deelneem. Ons het Saterdag teen al die wenners van die verskillende zones gespeel. Die dogters het eerste in hulle groep geeindig en het teen die wenners van die…

Lees meer

Studeer Sonder Sukkel

Ons graad 4’s het vandag n kursus gehad waar hulle geleer is hoe om te leer. Dit was baie interessant om van verskillende studiemetodes te leer en ook hoe ons ons tyd moet bestee. Hierdie tegnieke wat vandag aangeleer is, gaan ons help om beter vir die eksamen voor te berei.

Lees meer

Gimnastiek

Baie geluk aan Elrie Pretorius wat op 24 April 2021 ‘n goue medalje verower het tydens die Oos Kaap Interklub Kompetisie in Port Elizabeth. Dit was haar eerste kompetisie en het die beoordeelaars baie beïndruk.

Lees meer

Landsdiens skop af!

Laer Volkskool se Landsdiens is weer volstoom aan die gang en hierdie jaar het ons ongeveer 40 lede wat graag die vier liefdes vir Landsdiens wil uitleef. Om die graad 6’e en nuwe lede deel van ons familie te maak was YSBREKERS die beste roep. Dit was ‘n “bang” hier en ‘n “goal” daar. Die…

Lees meer

Wêreldboekedag

Op 28 en 29 April 2021 het Laer Volkskool Wêreldboekedag behoorlik gevier! Die grondslagfaseklasse het elk ‘n spesiale besoeker ontvang om vir hulle ‘n storie voor te lees. Almal kon hul gunsteling boek saambring en dan ook ‘n kleurvolle boekkarakter uitbeeld. Die intersenfase het ‘n leesperiode geniet. Ons hoop om sodoende die genot van lees…

Lees meer