Boogskiet

Wian Lotter het die 1ste Maart 2021 by Hoër Volkskool aangesluit vir boogskiet waar hy afrigting by Beyers en Carol Cronje gekry het.  Al die gereelde en ekstra oefening het vrugte afgewerp en hy is in die provinsiale span opgeneem. Die span gaan voorlopig 24 September 2021 in Uitenhage aan ‘n kompetisie deelneem.  Baie geluk…

Lees meer

Landsdiens

16 Augustus was ‘n kreatiewe dag vir ons Landsdieners. Die dogters het die muur by die Kewertjie oor geverf terwyl die seuns sementblokke verwyder het. Die liefde vir Arbeid word goed hier uitgebeeld.

Lees meer

Landsdiens

Op 4 Augustus het ons Landsdiens seuns in drie groepe verdeel. Hulle het drie projekte waarmee hulle hierdie kwartaal besig is. Stasie 1 is die reënmeter met ‘n vetplant tuintjie, stasie 2 is ‘n sonwyser/horlosie en stasie 3 is ‘n windkous/weerhaan. Ons sien uit vir die eindproduk. Hou die spasie dop!

Lees meer

Tweekamp

Baie geluk aan Carlien Oosthuizen wat gekies is om die Oos-Kaap by die SA Modern Biathlon Invitation Championship op 12 Julie 2021 in Kaapstad te verteenwoordig. Sterkte Carlien. Ons weet jy sal ons naam hoog hou.

Lees meer

Ruiterkuns

Marli Fourie het onlangs aan die Suid Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en uitstekend gevaar. Sy behaal die volgende plasings. Reserwe SA Kampioen Plesierperd Ruiters 10 jaar en jonger. Derde plek in die Plesierperd Ruiterkuns 10 jaar en onder. Mooi so Marli. Ons is trots op jou.

Lees meer

Netbal

Saterdag, 15 Mei 2021, het Alecia Louw aan die Oos-Kaapproewe in Oos Londen deelgeneem. Tydens die proewe is sy gekies vir die Oos-Kaapspan. Baie geluk, Alecia. Ons is trots op jou.

Lees meer

Volkskool verf klippies

Die kreatiwiteit het gevloei tydens Donderdag, die 13de Mei, se Landsdiens. Met ‘n kwas in die hand en ‘n klip op die skoolbank het die Karoo Volksies hulle talente gewys. Die landsdieners moes elkeen ‘n Bybelversie of opbouende woord op hul mooi versierde klip skryf of verf. So kan ons klippie-vir-klippie mekaar aanmoedig om vas…

Lees meer