Rugby

Baie geluk aan AW Lambrechts wat opgeneem is in die OP o.13B Craven week span. Die span neem vanaf 25 tot 30 Junie 2023 deel aan ‘n toernooi in Pietermaritzburg. Sterkte, AW. Ons hou duimvas. Weet dit sal goed gaan met jou en die span.

Lees meer

Tennis

Dante Dercksen het die afgelope naweek van 26 tot 27 Mei 2023 aan die Eden Mini toernooi in George deelgeneem. Haar uitslae is soos volg: 2de in die enkels 3de in die dubbels Baie geluk, Dante. Jy maak ons trots!

Lees meer

Hokkie

Baie geluk aan Deidré Alberts wat opgeneem is in die o.13B OP-hokkiespan. Sy neem hierdie vakansie, 25 tot 28 Junie 2023, deel aan ‘n toernooi wat in die Paarl aangebied word. Sterkte, Deidré. Ons weet dit sal goed gaan.

Lees meer

Hokkie

Die o.9B en o.13B hokkiedogters het gister, 10 Mei 2023, wedstryd teen Graaff-Reinet Primêr gespeel. Dit was lekker om te sien hoe baie die dogters hulle hokkie geniet. Die tellings is soos volg: o.9B wen 3 – 0 o.13B wen 4 -1   #hokkie #pret #laervolkskool

Lees meer

Kleuroorlog

Daar was vandag, 26 April 2023, omtrent oorlog by Laer Volkskool. Leerlinge het elkeen ‘n inspuiting gekry wat hulle kon gebruik om mekaar met verf te spuit. Ons het met skoon klere begin, maar binne minute was almal met verskillende kleure versier. Wat is dan nou lekkerder as om mekaar so vuil en kleurvol as…

Lees meer

Buitesport Perdry

Kobus en Hardus Lotter het die afgelope naweek aan ‘n uithourit te Willowmore deelgeneem. Beide leerders het die 40 km suksesvol voltooi met ‘n tyd van 3:16 op Strider en Roddick. Baie geluk, Kobus en Hardus. Trots op julle!

Lees meer

Tweekamp

Drie van Laer Volkskool se atlete het gedurende die vakansie, die Oostelike Provinsie verteenwoordig en aan die SA Tweekamp Kampioenskap te Stellenbosch deelgeneem. Afstande vir die verskillende ouderdomsgroepe is as volg: o.9: 400 meter hardloop en 50 meter swem o.11 en o.13: 800 meter hardloop en 50 meter swem Laer Volkskool se atlete het baie…

Lees meer

Fietsry

Agtien leerders het Saterdag, 01 April 2023, die Sneeuberg Crawl in die Murraysburgdistrik aangepak. Daar was 138 ryers wat in verskillende afdelings meegeding het. In die 50 km het Frederik de Klerk (o.10) ‘n tweede plek in die o.15-afdeling behaal. In die o.12-afdeling het Pedri van der Merwe ‘n eerste plek, Naude van der Merwe…

Lees meer