Landsdiens

Op 11 April 2022 het Gavin en Chris vanaf die Herder Akademie ons Karoo Volksies kom besoek. Hierdie Akademie werk met buffels en skape. Hulle het ‘n voorlesing gedoen oor beweiding. Die leerders het geleer van die verskillende fases van gras en watter gras die beste voedingswaarde het vir vee. Ons sien uit om later…

Lees meer

Bergfiets

Frederick de Klerk wat net 9 jaar oud is, het Saterdag, 02 April 2022, aan die Sneeuberg Crawl bergfiets resies deelgeneem en uitstekend gevaar. Hy verower n eerste plek in die o.15 ouderdomsgroep. Dis voorwaar n groot prestasie om die ouer seuns in so n tawwe kompetisie te klop. Baie geluk, Frederick. Ons is baie…

Lees meer

Prefekte Kwartaalafsluiting

Op Woensdag, 23 Maart 2022, het die prefekte bymekaar gekom om die kwartaal op ‘n prettige manier af te sluit. Ons het die aand afgeskop met ysbrekers soos “bang”, daarna was daar malvalekkers gebraai en heerlike boereworsrolle geëet. Hulle moes uitdagings voltooi, byvoorbeeld om die hoogste toring te bou uit spaghetti en malvalekkers. Die kreatiwiteit…

Lees meer

Swem

Twee van Laer Volkskool se swemmers het vanaf 18 tot 20 Maart 2022 aan ‘n SA vlak 2 en 3 kampioenskappe in Gqeberha (Port-Elizabeth) deelgeneem. Zenicke van Schalkwyk het uitstekend gevaar in die vlak 2 kampioenskap en 4 goud, 2 silwer en 2 brons medaljes verower. Carlien Oosthuizen het in die vlak 3 kampioenskap deelgeneem…

Lees meer

Swem

AW Lambrecht en Jamie Mdudumanihet op 12 Maart 2022 aan ‘n Level 1 Gala in Port Elizabeth deelgeneem en baie goed gevaar.  Jamie het ‘n derde plek in vlinderslag behaal. AW het twee eerste plekke behaal in borslag en rugslag. Baie geluk aan albei hierdie seuns. Trots op julle!

Lees meer

Tennis

Franna Naude en Petrus Wolfaardt het die naweek van 18 – 21 Maart aan ‘n interprovinsiale toernooi gaan deelneem in Bloemfontein. Hulle was deel van die o.13 Oos- Kaap Aloesspan en was onderskeidelik die nr 1 en 2 van die span. Die span het teen 6 ander provinsies gespeel. Beide Petrus en Franna het hul…

Lees meer

Atletiek

Tydens die afgelope naweek, op 11 en 12 Maart 2022, het vyf van Laer Volkskool se atlete aan die Oos- Kaap Atletiek Kampioenskappe deelgeneem. Alhoewel niemand vir die SA Kampioenskappe gekwalifiseer het nie, is ons steeds trots op die goeie prestasies wat hulle geleer het.👏👏👏 Lee-Jon Blignaut Seuns o.11 Verspring 4de plek Angela Vorster Dogters…

Lees meer

Boogskiet

Wian en Eben Lötter het Saterdag, 12 Maart 2022, aan die AGA-Oos Kaap Boogskiet Kompetisie in Jeffreysbaai deelgeneem. Die kompetisie was aangebied deur Soulpoint GLA. Albei hierdie seuns het uitstekend gevaar. Die uitslae is soos volg:   Wian Lötter 3D afdeling – 240 (1ste plek) 🥇 Bullseye – 246 (2de plek)🥈 Eben Lötter 3D afdeling…

Lees meer