Marli Fourie het onlangs aan die Suid Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en uitstekend gevaar. Sy behaal die volgende plasings. Reserwe SA Kampioen Plesierperd Ruiters 10 jaar en jonger. Derde plek in die Plesierperd Ruiterkuns 10 jaar en onder. Mooi so Marli. Ons is trots op jou.
Lees meerDie kreatiwiteit het gevloei tydens Donderdag, die 13de Mei, se Landsdiens. Met ‘n kwas in die hand en ‘n klip op die skoolbank het die Karoo Volksies hulle talente gewys. Die landsdieners moes elkeen ‘n Bybelversie of opbouende woord op hul mooi versierde klip skryf of verf. So kan ons klippie-vir-klippie mekaar aanmoedig om vas…
Lees meerVrydagmiddag, 14 Mei 2021,het Laer Volkskool se eerste seuns en dogterspanne na Grahamstad vertrek om aan die finale streeksproewe van die Rising Star Parnibas toernooi te gaan deelneem. Ons het Saterdag teen al die wenners van die verskillende zones gespeel. Die dogters het eerste in hulle groep geeindig en het teen die wenners van die…
Lees meerOns graad 4’s het vandag n kursus gehad waar hulle geleer is hoe om te leer. Dit was baie interessant om van verskillende studiemetodes te leer en ook hoe ons ons tyd moet bestee. Hierdie tegnieke wat vandag aangeleer is, gaan ons help om beter vir die eksamen voor te berei.
Lees meerBaie geluk aan Elrie Pretorius wat op 24 April 2021 ‘n goue medalje verower het tydens die Oos Kaap Interklub Kompetisie in Port Elizabeth. Dit was haar eerste kompetisie en het die beoordeelaars baie beïndruk.
Lees meer100 gaste het die geleentheid om op 12 Mei 2021 saam te kuier. Kaartjies te koop by HVS en LVS.
Lees meerLaer Volkskool se Landsdiens is weer volstoom aan die gang en hierdie jaar het ons ongeveer 40 lede wat graag die vier liefdes vir Landsdiens wil uitleef. Om die graad 6’e en nuwe lede deel van ons familie te maak was YSBREKERS die beste roep. Dit was ‘n “bang” hier en ‘n “goal” daar. Die…
Lees meer