Drie van Laer Volkskool se swemmers het op 23 September 2023 deelgeneem aan ‘n A-liga gala te Port-Elizabeth. Dit is ons swemmers se eerste gala in die nuwe swemseisoen en die swemmers het baie goed gevaar.. Zenicke van Schalkwyk het eerste gekom in vier van haar wedlope. Haar rugslag en borsslag het veral uitgestaan. Sy…
Lees meerBurger Slabbert, onder 8, het gedurende die vakansie aan die OP Skaak Kampioenskappe in Jeffreysbaai deelgeneem. Hy het uitstekend gevaar en is in die OP o.10 skaakspan opgeneem wat in 2024 teen ander provinsies sal kompeteer. Hy het ook ñ silwer medalje in die spankompetisie verower. Uitstekend Burger! Ons is trots op jou.
Lees meerNa afloop van die Provinsiale Kamp wat gedurende die Junie-vakansie in Jeffreysbaai plaasgevind het, is Reanco Terblanche deur die Provinsiale bestuur verkies as nasionale leier van die laerskool seuns. Dit is werklik ‘n pragtige prestasie. Die Nasionale Kamp vind van 8 tot 15 Desember 2023 in Mpumalanaga plaas. Ons is baie trots op jou!
Lees meerDie afgelope naweek van 14 tot 16 September 2023 was Laer Volkskool Graaff-Reinet se o.13 krieketseuns bevoorreg gewees om aan Laerskool Swellendam se Kriekettoernooi in Swellendam deel te neem. Laer Volkskool het met twee spanne gaan toer en het goed gevaar. Laer Volkskool 1 en 2 het in die trofee-poel gespeel en albei spanne het…
Lees meerLaer Volkskool se landsdieners het gedurende die Julie-vakansie ‘n Streekskamp in Jeffreysbaai bygewoon waar ses van ons leerlinge uit meer as ‘n honderd landsdieners gekies is om die Oos-Kaap vanaf 8 tot 15 Desember 2023 by die Nasionale Kamp in Mpumalanga te verteenwoordig. Hierdie ses leerlinge het ook hulle erekleure ontvang. Baie geluk! Julle maak…
Lees meerGideon Viljoen het die afgelope naweek van 1 en 2 September 2023 aan Upington se jaarlikse streekskou deelgeneem. Hy het pragtige presteer en behaal 4 eerste plekke in die volgende afdelings: Stap/draf kinderryperd 8 jaar en onder Stap/draf 10 jaar en onder – Natuurlike maanhare en stert Stap/draf ruiter 8 jaar en onder – Ruiterkuns…
Lees meer