Swem

Die swemseisoen staan amper einde se kant toe. Die volgende leerders het vandag tydens opening half-erekleure vir swem ontvang. In die Interdistrikte afdeling is die vereiste dat die leerders aan meer as een individuele slag deelneem op distrikte vlak en ook aan die aflosse. Die volgende leerders het gekwalifiseer: Zenicke van Schalkwyk, Markus van der…

Lees meer

Perdry

Gideon Viljoen het op 10 en 11 Februarie 2023 aan die Victoria-Wes Saalperdstreekskou deelgeneem. Hy het ook die volgende prestasies behaal: Eerste plek vir Stap/Draf Ruiters 8 jaar en onder Eerste plek vir Stap/Draf Plesierperd Ruiters 8 jaar en onder Eerste plek vir Stap/Draf Ruiters 8 jaar en onder – Ruiterkuns Eerste plek vir Stap/Draf…

Lees meer

Boogskiet

Op Saterdag, 11 Februarie 2023 het die eerste boogskietkompetiese van 2023 by Hoër Volkskool plaasgevind.  Eben Lotter het 2 medaljes verwerf. By die Graaff-Reinet Ope verwerf hy ‘n brons medalje en by die HVS Ope ‘n silwer. Welgedaan, Eben.

Lees meer

Media Prefekte

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat as Media Prefek vir kwartaal 1 verkies is: Agter: Hugo Lambrechts (Hoofprefek) Middel: Lirie Beneke, Phebe van Jaarveld Voor: Jaqline Swemma, Johanna Erasmus, Kayla Loots, Thando Grootboom Die bliblioteektye is soos volg: Maandag, Woensdag, Vrydag – 2de pouse Dinsdae en Donderdae – 13:30 – 15:00 (Die tye kan…

Lees meer

Karoogala 2023

Die Karoogala, aangebied by Hoër Volkskool se swembad, was hierdie jaar weereens aksiebelaai. Elke swemmer het alles gegee! AW Lambrechts en Zenicke van Schalkwyk was Laer Volkskool se voorste puntemakers. Laer Volkskool het ook gesorg vir ‘n paar rekords! Zenicke van Schalkwyk verbeter die wisselslag rekord voorheen gehou deur oudskolier Adéle Dercksen (2012). Zenicke verbeter…

Lees meer

Atletiek

Op Donderdag, 23 Februarie 2023, het 13 van Laer Volkskool se atlete aan die Sarah Baartman Atletiek-kampioenskappe in PE deelgeneem. Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het. Julle het ons baie trots gemaak. Die uitslae is as volg: o.10 Janike van Zyl – 1ste in 80m en 3de in 100m Marco Terblanche – 4de…

Lees meer

Tennis

Die volgende leerders is vir die Synergy Cup-span gekies wat vanaf 24 tot 25 Februarie 2023 in Kimberley gaan deelneem. o.11 Seuns Izak Naude o.11 Dogters Nele Wolfaardt o.12 Dogters Ancois Viljoen Dante Dercksen o.13 Seuns AW Lambrechts o.13 Dogters Mynette Viljoen Johan Viljoen is gekies vir die o,13 Elephantspan. Baie geluk aan al hierdie…

Lees meer

Cradock Atletiek

Laer Volkskool het Woensdag, 15 Februarie 2023, ‘n uitstappie onderneem na Cradock vir die jaarlikse atletiekbyeenkoms van ons o.7, o.8 en o.9 atlete. (Hierdie atlete was in die top drie ná die kleure-atletiek.) Ongelukkig is die byeenkoms vroeg gestop as gevolg van reën en weerlig. Die 60m uitdunne het wel plaasgevind, maar die 80m moes…

Lees meer