Die volgende atlete is in die Sarah Baartman Atletiekspan opgeneem en neem op 11 en 12 Maart 2022 deel aan die Oos-Kaap Atletiekbyeenkoms op Cradock. Lee-Jon Blignaut Seuns o.11 Verspring Angela Vorster Dogters o.11 Verspring JP Lombard Seuns o.10 Verspring Alecia Louw Dogters o.13 100m en 200m Deidre Alberts Dogters o.12 100m, 150m en Verpring…
Lees meerBaie geluk aan Wian en Eben Lotter wat Saterdag, 26 Februarie 2022, aan die AGA-Oos Kaap Boogskiet Kompetisie deelgeneem het. Die kompetisie was aangebied deur Hoer Volkskool se Boogskietklub. Wian behaal goud en Eben silwer in die afdeling vir laerskoolseuns. Die uitslae is soos volg: Bullseye Wian behaal 253/300 (Goud) Eben behaal 213/300 (Silwer)…
Lees meerDie o.13A-Rugbyspan het gisteraand, 25 Februarie 2022, hulle eerste vriendskaplike wedstryd teen Union gespeel tydens die Drieëdruk-aand wat deur Hoër Volkskool aangebied is. Hulle wen die wedstryd 10 – 0. Dis ook die eerste geleentheid gewees waar die seuns in hulle nuwe Eeufeesklere kon speel. Baie dankie aan al die borge, Nissan Eastern Cape, Engen…
Lees meerLaer Volkskool se eerstespan seuns en dogters het Vrydag, 25 Februarie 2022, vir die eerste keer in hulle nuwe Eeufeesklere gespeel tydens n wedstryd teen Laerskool Jeffreysbaai. Baie dankie aan Karoo 4×4 fitness center asook Retief Geelbek Merino’s vir die borg van die klere. Die uitslae is soos volg: Seuns wen enkels 4-0 Seuns wen…
Lees meerLaer Volkskool wil eerstens baie dankie sê aan almal wat iewers betrokke was by die gala, hetsy as swemmer, spanbestuurder, beampte of ondersteuner. Sonder hierdie vier elemente kan geen gala ‘n sukses wees nie. Hiermee die uitslae van die Karoogala op 22 Februarie 2022. Die skole wat aan die Laerskole-kompetisie deelgeneem het, was Laer Volkskool,…
Lees meer47 opgewonde Karoo Volksies het op Vrydag, 18 Februarie 2022, vertrek na Leaders in Life School & Sports Camps te Addo vir ons jaarlikse Landsdienskamp. Met die aankomslag moes daar tente opgeslaan word sodat elkeen darem ‘n slaapplek het. Die leerders was opgedeel in vier groepe en moes die kos vir die aand voorsien. Elke…
Lees meerDrie van Laer Volkskool se leerlinge het op 5 Februarie 2022 aan die Interprovinsiale Tweekamp Byeenkoms in Oudtshoorn deelgeneem. Hulle het die Oostelike Provinsie verteenwoordig teen ander provinsies en uitstekend gevaar. JJ van Schalkwyk was die algehele wenner in die o.8 afdeling en bring ‘n goue medalje huis toe. Carlien Oosthuizen was 13de in haar…
Lees meer16 Februarie 2022 was weereens ‘n belangrike dag in Laer Volkskool se eeufees jaar en die hoogtepunt van die dag was natuurlik die Interskole Swemgala. Laer Volkskool se span het uit 52 swemmers bestaan. Gees was groot en elke swemmer het sy of haar kant gebring in die water. Ons o.14A-dogters kruip aflos span het…
Lees meer