Eben Lötter het op 2 Maart 2024 aan ‘n interskole boogskiet kompetisie wat by Daniel Pienaar plaasgevind het, deelgeneem. Hy het baie goed gevaar en twee eerste plekke verower. Sy uitslae is as volg: Daniel Pienaar Open 1ste plek – Bull’s Eye 237/300 Tiger Archery Open 1ste plek – Bull’s Eye 241/300 Baie geluk, Eben.…
Lees meerDie eerstespan seuns en dogters sowel as die o.10A seuns en dogterspanne het Dinsdag, 27 Februarie 2024, teen Union tennis gespeel. Hulle uitslae is as volg: o.10 seuns wen 9 – 0 o.10 dogters wen 8 – 1 Eerstespan seuns wen 7 – 2 Eerstespan dogters verloor 4 – 5 Baie geluk aan elke speler.…
Lees meerDie prefekte het hierdie jaar ‘n Volksie-van-die-maand toekenning geloods. Om vir hierdie toekenning in aanmerking te kom word daar na verskeie aspekte van integriteit en waardes gekyk. Ons eerste Volksies-van-die-maand is Miné Coetzee (gr. 6) en Drian Gildenhuys (gr. 7). Baie geluk met hierdie pragtige toekenning, Drian en Miné! Ons sien julle mooi gedrag raak!
Lees meerSaterdag, 24 Februarie 2024, het Helen, Eben, Christiaan en Erhardt aan Hoër Volkskool se klub kompetisie deelgeneem. Hulle uitslae is as volg: Christiaan Marais Brons – 161/300 Helen Grobbelaar Silwer – 221/300 Silwer – 244/300 Eben Lötter Silwer – 221/300 Goud – 230/300 Erhardt Grobbelaar Goud – 221/300 Silwer – 200/300
Lees meerOp Woensdag, 21 Februarie, het Laer Volkskool se swemspan aan die Karoogala deelgeneem te Hoër Volkskool. Ons is trots om aan te kondig dat Laer Volkskool die wenners was van hierdie gala met 408 punte. Union High was in die tweede plek met 346 punte. Gill het die derde plek behaal met Cradock en die…
Lees meerLaer Volkskool het vandag, 23 Februarie 2023, ‘n Plakkiedag ten bate van CHOC, Childhood Cancer Foundation of South Africa, gehou. Dankie aan elke leerder wat plakkies aangetrek het om dié organisasie te ondersteun. Julle maak ons trots om ‘n Volksie te te wees.
Lees meerDinsdag, 20 Februarie 2024, het ons krieketspanne teen Karel Theron gaan speel. Die wedstryde het in Middelburg plaasgevind. Die seuns het pragtige krieket gespeel en het baie goed gedoen. Die tellings is as volg: o.7 wen met 13 lopies o.8 wen met 36 lopies o.9 wen met 80 lopies o.11 wen met 10 paaltjie o.13 wen…
Lees meer