Swem

Karoospan wen Interdistrikte swemgala! Op Dinsdag, 5 Maart 2024, het 14 swemmers van Laer Volkskool na Grahamstad vertrek om as Karoospan deel te neem aan die Interdistrikte gala. JJ van Schalkwyk, Elmaré Naudé, Ben-J Collier, Kate Pieterse, Minke Marincowitz, Matté van der Merwe, Naudé van der Merwe, Nelé Wolfaardt, Izak Naudé, Annabelle Kruger, Zenicke van…

Lees meer

BOOGSKIET

Eben Lötter het op 2 Maart 2024 aan ‘n interskole boogskiet kompetisie wat by Daniel Pienaar plaasgevind het, deelgeneem. Hy het baie goed gevaar en twee eerste plekke verower. Sy uitslae is as volg: Daniel Pienaar Open 1ste plek – Bull’s Eye 237/300 Tiger Archery Open 1ste plek – Bull’s Eye 241/300 Baie geluk, Eben.…

Lees meer

Tennis

Die eerstespan seuns en dogters sowel as die o.10A seuns en dogterspanne het Dinsdag, 27 Februarie 2024, teen Union tennis gespeel. Hulle uitslae is as volg: o.10 seuns wen 9 – 0 o.10 dogters wen 8 – 1 Eerstespan seuns wen 7 – 2 Eerstespan dogters verloor 4 – 5 Baie geluk aan elke speler.…

Lees meer

Volksie van die maand

Die prefekte het hierdie jaar ‘n Volksie-van-die-maand toekenning geloods. Om vir hierdie toekenning in aanmerking te kom word daar na verskeie aspekte van integriteit en waardes gekyk. Ons eerste Volksies-van-die-maand is Miné Coetzee (gr. 6) en Drian Gildenhuys (gr. 7). Baie geluk met hierdie pragtige toekenning, Drian en Miné! Ons sien julle mooi gedrag raak!

Lees meer

Boogskiet

Saterdag, 24 Februarie 2024, het Helen, Eben, Christiaan en Erhardt aan Hoër Volkskool se klub kompetisie deelgeneem. Hulle uitslae is as volg: Christiaan Marais Brons – 161/300 Helen Grobbelaar Silwer – 221/300 Silwer – 244/300 Eben Lötter Silwer – 221/300 Goud – 230/300 Erhardt Grobbelaar Goud – 221/300 Silwer – 200/300

Lees meer

Tennis

Die afgelope naweek het Dante Dercksen aan ń Eden Mini Tennistoernooi gaan deelneem. Dante het ń suksesvolle dag op die tennisbaan beleef. Sy en haar dubbelsmaat wen die o.14 dubbels afdeling. Baie geluk, Dante. Trots op jou!

Lees meer

Swem

Op Woensdag, 21 Februarie, het Laer Volkskool se swemspan aan die Karoogala deelgeneem te Hoër Volkskool. Ons is trots om aan te kondig dat Laer Volkskool die wenners was van hierdie gala met 408 punte. Union High was in die tweede plek met 346 punte. Gill het die derde plek behaal met Cradock en die…

Lees meer

PLAKKIEDAG

Laer Volkskool het vandag, 23 Februarie 2023, ‘n Plakkiedag ten bate van CHOC, Childhood Cancer Foundation of South Africa, gehou. Dankie aan elke leerder wat plakkies aangetrek het om dié organisasie te ondersteun. Julle maak ons trots om ‘n Volksie te te wees.

Lees meer